Isotoopverhouding

'n Isotoopverhouding is 'n maat vir die verhouding waarin isotope van 'n chemiese element in 'n monster voorkom.

Talle elemente het meer as een stabiele isotoop. Chloor het byvoorbeeld twee: chloor-35 met 18 neutrone en chloor-37 met 20 neutrone. Gewoonlik is ongeveer 3/4 van die chlooratome in 'n monster 35Cl en slegs 1/4 37Cl. Die isotoopverhouding is dus ongeveer 3:1 en hierdie verhouding het lank gelede tydens die nukleosintese van die atoomkerne so ontstaan.

Die chemiese eienskappe is amper dieselfde. Maar daar kan 'isotoop-effekte' optree tydens fisiese prosesse soos verdamping of chemiese prosesse soos chemiese reaksies. Die isotoopverhouding kan hierdeur effens van monster tot monster verskil. 'n Ander bron van wisseling in hierdie verhouding is kernreaksies soos die verval of splyting van radio-aktiewe kerne of kosmogene effekte soos die splinterreaksies wat soms in die atmosfeer of die bolaag van die grond deur kosmiese straling veroorsaak word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search